BOBAAS is ‘n opleiding sowel as arbeidagentskap. Ons gee om vir die toekoms van ons volksgenote en skep daarom die geleentheid dat elke Boer met die wil het om te werk, kwaliteit arbeidsopleiding kan ontvang. Maar ons verseker ook dat studente, nadat hulle hul opleiding suksesvol en bevredigend voltooi het, dadelik in ‘n werksgeleentheid instap. Ons bied arbeid aan die volk – deur die volk! Elke werker of student se situasie is uniek. Kontak ons daarom en gesels met ons as u werk benodig.
U BENODIG WERKERS:
Ons daag u uit: vat ‘n kans op ons dienste. Help ons mense om weer hulle koppe op te lig. As u enige werk het, hoe lank of kort ook al, of selfs kan help met opleiding – kontak ons asseblief.
BOERE BESIGHEDE:
Ons staan vir volkseie besighede. Ons gee dus vir u besigheid die geleentheid om op ons blad in te skryf sodat ons mekaar kan ondersteun. U kan selfs u produkte vanaf ons blad bemark.